Psalms 109:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die afperser alles vang wat hy het; en laat die vreemdes sy arbeid buit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat skuldeisers beslag lê op al sy besittings, en vreemdelinge alles vat waarvoor hy hard gewerk het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak. |
| Afrikaans 1983 | Laat die skuldeiser beslag lê op al sy besittings, laat vreemdes plunder wat hy met moeite bymekaargemaak het! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag die skuldeiser beslag lê op alles wat aan hom behoort, en mag vreemdes die vrug van sy arbeid plunder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy skuld geld vir mense, daardie mense moet alles vat wat hy het. Vreemde mense moet die goed vat waarvoor hy gewerk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense vir wie hy geld skuld, moet alles kom vat wat hy het. Hy moet elke liewe sent betaal. Die res van sy goed moet mense wat hy nie eens ken nie, kom steel. |