Psalms 108:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moab is my waspot; oor Edom sal Ek my skoen uitgooi; oor Filistië sal Ek triomfeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Gilead is Myne, en Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne oplewer, en Juda my konings.
Afrikaans 1933/1953 G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
Afrikaans 1983 Aan My behoort Gilead, aan My behoort Manasse! Efraim is my vernaamste vesting, Juda my koninklike gebied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan My behoort Gilead, aan My Manasse; Efraim is 'n beskutting vir my kop, Juda is my heerserstaf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die land Gilead is my land, die land Manasse is ook Myne. Die land Efraim is vir My soos die helm op die kop van 'n soldaat. Die land Juda is vir My soos die septer in die hand van 'n koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele land is Myne. Ek het vir julle elkeen plek gemaak. Ek het vir elkeen van julle ’n werk gegee. Ook die plekke rondom julle gebruik Ek.