Psalms 108:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gilead is myne; Manasse is myne; En Efraim is die sterkte van my hoof; Juda is my wetgewer;
Afrikaans (NLV) 2011 God het dit by sy heiligheid belowe: As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet.
Afrikaans 1933/1953 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
Afrikaans 1983 God het in sy heilige woning gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die Sukkotlaagte uitdeel!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God self het in sy heiligdom verklaar: “Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel, die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het in sy tempel gesê: “Ek het die vyande oorwin en Ek sal juig wanneer Ek die grond van die stad Sigem verdeel en wanneer Ek die Sukkot-vallei meet en vir mense gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vanuit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders, die Israeliete, gesê: “Ek het hierdie land verower. Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee.