Psalms 108:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het in sy heiligheid gespreek; Ek sal jubel, Ek sal Sigem verdeel en die dal Sukkot afmeet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons! |
| Afrikaans 1983 | Verlos ons deur u groot mag, en help ons, sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat u geliefdes gered kan word. Verlos tog met u regterhand en antwoord my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet nou u hand optel en ons red, U moet doen wat ek vra, sodat ons, die mense vir wie U lief is, vry kan word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Red al u geliefde kinders met u krag, Here. Help ons! |