Psalms 108:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verhef U, o God, bo die hemele, en u heerlikheid bo die hele aarde;
Afrikaans (NLV) 2011 Want u trou is hoog bo die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.
Afrikaans 1933/1953 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
Afrikaans 1983 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want groot, ja, hoër as die hemel, is u troue liefde; tot by die wolke is u waarheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want U doen wat U belowe, op die aarde en in die hemel, U bly dieselfde, ook tot by die wolke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek doen dit omdat U vir my baie lief is. U liefde is so groot dat niemand dit kan meet nie! En U is so ongelooflik getrou.