Psalms 107:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy stort veragting uit oor vorste en laat hulle ronddwaal in die woestyn waar daar geen weg is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | tref Hy hulle leiers met vernedering sodat hulle rondswerf in ’n woesteny sonder ’n pad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad -- |
| Afrikaans 1983 | dan is dit die magtiges wat Hy tref met vernedering en wat Hy laat ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het Hy wat minagting uitstort oor vooraanstaandes, en hulle laat ronddwaal in 'n woesteny sonder paaie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die Here die belangrike mense verneder. Hy het hulle laat verdwaal in plekke waar niemand woon nie en waar daar nie 'n pad is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sien dit alles raak. Hy straf die magtige leiers en laat toe dat ander hulle verneder. Wanneer hulle doen wat Hy nie wil hê nie, sorg Hy dat ander op hulle neersien. Hy sal hulle koers laat verloor. Hulle sal nie meer gelukkig wees nie. |