Psalms 107:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy seën hulle ook, sodat hulle baie vermeerder word; en laat hulle vee nie minder nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy seën hulle en hulle vermeerder; ook hulle beeste laat Hy nie verminder nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
Afrikaans 1983 Hy seën hulle en hulle word vinnig meer, Hy laat hulle vee nie minder word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle geseën, hulle baie meer laat word; hulle vee het Hy nie minder laat word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here seën hulle, en hulle kry baie kinders, die Here laat ook hulle diere baie word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is baie goed vir hulle. Hy het vir hulle goeie dinge gegee. Die dorpie het gegroei. Die mense het al hoe meer geword. Hulle vee het aangeteel en baie geword.