Psalms 107:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle dartel heen en weer en wankel soos 'n dronk man, en is op hul verstand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het net soos dronkaards getol en gewaggel, en al hulle kennis was tevergeefs. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. |
| Afrikaans 1983 | en het soos dronk mense gesteier en gewaggel; al hulle seemanskuns het niks gehelp nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het rondgeslinger, en gesteier soos 'n dronk mens; al hulle vernuf was waardeloos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het soos dronk mense geloop en geval. Hulle was goeie matrose, maar hulle het nie geweet wat om te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle word seesiek. Soos dronk mense word hulle heen en weer geslinger. Hulle kan nie eens dink wat om te doen nie. Almal is deurmekaar. Hulle is baie bang. |