Psalms 107:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle klim op na die hemel, hulle daal weer af na die dieptes; hulle siel smelt vanweë benoudheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die skepe is hemelwaarts geslinger en het dan weer dieptes toe getuimel. Die matrose, radeloos van vrees,
Afrikaans 1933/1953 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee.
Afrikaans 1983 Die skepe het hemelhoog gestyg en na die dieptes afgeduik. Die bemanning was radeloos van angs
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het opgerys na die hemel, afgesak na die dieptes; in die ramp het hulle moed hulle begewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skepe het hoog opgegaan op die branders en dan het hulle weer afgesak in die diep water. Dit het sleg gegaan met die mense, hulle het baie bang geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die water slaan meters hoog bokant hulle ou skepies. Eers skiet die golwe die ou skepies hoog in die lug in op. Hulle vlieg byna tot by die wolke. Dan laat val hulle hulle tot op die bodem van die see. Die mense word baie bang.