Psalms 107:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het sy woord gestuur en hulle genees en hulle van hul ondergang verlos.
Afrikaans (NLV) 2011 Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.
Afrikaans 1933/1953 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
Afrikaans 1983 Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy woord gestuur en hulle genees; Hy het hulle laat vrykom uit hulle vangkuile.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gepraat en hulle gesond gemaak, Hy het hulle gered voordat hulle gesterf het en in die graf was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het net een woord gesê, en toe word hulle gesond. So het Hy hulle uit die dood se kloue gered.