Psalms 107:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dwase word deur hulle oortreding en vanweë hulle ongeregtighede verdruk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige mense was dwaas in hulle opstand en het weens hulle eie sondes gely. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is -- |
| Afrikaans 1983 | Party het dwaas opgetree, en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde, het hulle in die ellende beland. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dwase het, deur hulle pad van oortreding en deur hulle sondeskuld, hulle eie teistering veroorsaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party mense was dwaas, hulle het swaargekry omdat hulle opstandig was, omdat hulle verkeerd gelewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is dwase wat baie dom dinge doen. Deur verkeerde dinge te doen het hulle hulleself in groot swaarkry gedompel. Hulle was baie siek. |