Psalms 106:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook die Skelfsee bestraf, en dit het opgedroog; en Hy het hulle deur die dieptes gelei, soos deur die woestyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op sy bevel het die Rietsee opgedroog sodat Israel op die seebodem kon trek. Dit was so droog soos ’n woestyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die Rietsee aangespreek en dit het opgedroog, Hy het sy volk oor die seebodem laat trek soos oor droë grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die Rietsee gedreig, en dit het droog geword; Hy het hulle deur die watermassa laat gaan asof deur 'n woestyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het hard gepraat met die Riet-see, en die see het droog geword. Hy het ons voorvaders laat deurloop op die plek waar daar voorheen diep water was, hulle het deurgeloop soos in 'n woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het met die Rietsee gepraat, en in ’n oogwink was dit kurkdroog! Hy het hulle dwarsdeur die see laat stap asof dit ’n droë woestyn is. |