Psalms 106:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons vaders het U wonders in Egipte nie verstaan nie; aan die menigte van U barmhartighede het hulle nie gedink nie; maar hom geterg by die see, ook by die Skelfsee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Egipte het ons voorouers die Here se wonders gering geag, en sy baie dade van goedheid vergeet. By die Rietsee het hulle teen Hom in opstand gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee. |
| Afrikaans 1983 | Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie, hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie, hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons voorouers het in Egipte u wonders nie begryp nie, en u oorvloedige troue liefde nie onthou nie, maar in opstand gekom by die see, by die Rietsee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons voorvaders het in Egipte nie u wonderwerke verstaan nie, hulle het nie onthou dat U altyd doen wat U belowe het nie. Hulle was opstandig by die see, die Riet-see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar in Egipte het ons voorouers hulle nie gesteur aan die groot dinge wat U gedoen het nie. Hulle het gou-gou vergeet hoe vol liefde en goedheid U is. Daarom was hulle so hardkoppig daar by die Rietsee. |