Psalms 106:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat ek die goeie van u uitverkorenes kan sien, dat ek my kan verbly in die blydskap van U nasie, dat ek my kan roem op U erfdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 sodat ek deel kan hê aan die voorspoed van u uitverkorenes, my verheug in die vreugde van u nasie, en U loof saam met u eie volk.
Afrikaans 1933/1953 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
Afrikaans 1983 dat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag aanskou en mag deel in die blydskap van u volk, my mag verheug saam met dié wat aan U behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag ervaar, mag deel in die vreugde van u nasie, en saam met u erfdeel mag roem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal ek sien hoe goed gaan dit met u mense, U het hulle gekies. Ek sal bly wees wanneer u volk bly is, ek sal juig saam met die mense wat aan U behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sodat ek kan sien hoe almal wat U uitgekies het, oorloop van geluk. Ek wil bly wees saam met al u kinders. Ek wil feesvier saam met elkeen wat aan U behoort.