Psalms 106:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons onder die nasies, om U Heilige Naam te loof en te triomfeer in U lof.
Afrikaans (NLV) 2011 Here ons God, red ons! Versamel ons weer uit die nasies sodat ons u heilige Naam kan prys, in U bly kan wees, en U kan loof.
Afrikaans 1933/1953 Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
Afrikaans 1983 Red ons, Here ons God, maak ons bymekaar tussen die volke uit, dat ons u heilige Naam kan loof en ons in u lof kan verheug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verlos ons, Here ons God! Bring ons uit die nasies bymekaar sodat ons u •heilige Naam kan prys, sodat ons kan roem op die lof wat U toekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons God die Here, U moet ons red, U moet ons bymekaarmaak tussen die volke, sodat ons u heilige Naam kan sê en vir U dankie kan sê, sodat ons dit sal geniet om U te prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ag, Here ons God, kom help ons tog! Kom haal ons hier tussen die nasies uit sodat ons u heilige Naam kan loof en bly kan wees oor al u goedheid!