Psalms 106:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het vir hulle aan sy verbond gedink en hom bekeer volgens die grootheid van sy barmhartighede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedink aan sy verbond met hulle, en Hy was genadig op grond van sy onfeilbare liefde. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om hulle ontwil het Hy aan sy verbond gedink, en Hy het hulle jammer gekry uit die oorvloed van sy troue liefde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het toe gedink aan sy verbond met hulle en Hy het dit beter laat gaan met hulle, Hy het onthou dat hulle sý mense is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het onthou dat Hy sy ooreenkoms met hulle gemaak het. Omdat sy hart oorloop van goedheid, het Hy sy hand weer na hulle toe uitgesteek. |