Psalms 106:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En het onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en van hulle dogters, wat hulle aan die drekgode van Kanaän geoffer het, en die land is met bloed besoedel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het onskuldige bloed vergiet, bloed van hulle seuns en dogters wat hulle geoffer het aan die afgodsbeelde van Kanaän, en so die land met bloed bevlek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en onskuldige bloed vergiet -- die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het -- sodat die land deur bloedskuld ontheilig is. |
| Afrikaans 1983 | en onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het. So is die land met bloed bevlek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en so onskuldige bloed vergiet, die bloed van hulle seuns en dogters wat hulle vir die afgode van Kanaän geoffer het. Die land is deur bloedskuld besoedel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het onskuldige mense vermoor, hulle het hulle eie seuns en dogters ge-offer vir die afgode van Kanaän. Hulle het die land vuil gemaak met bloed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het onskuldige kindertjies doodgemaak, hulle eie seuns en dogters is aan Kanaän se dooie gode geoffer. Die hele land is met onskuldige bloed besoedel. |