Psalms 106:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het Hom ook kwaad gemaak oor die waters van twis, sodat dit met Moses siek gegaan het om hulle ontwil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By die waters van Meriba het hulle die Here kwaad gemaak, en so het hulle vir Moses ernstige probleme besorg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van M,riba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil; |
| Afrikaans 1983 | Die volk het die Here se toorn by die Meribawaters laat ontvlam, en Moses het die wrange vrugte van hulle optrede gepluk: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | By die water van Meriba het hulle Hom vertoornd gemaak en deur hulle toedoen het dit sleg afgeloop vir Moses – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volk het die Here kwaad gemaak by die Meriba-water, en dit het sleg gegaan met Moses omdat hulle dit gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar by die fonteine van Meriba het die volk die Here weer kwaad gemaak, selfs Moses het gely onder hulle sonde. |