Psalms 106:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, hulle het die lieflike land verag, hulle het sy woord nie geglo nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die volk het die vrugbare land verwerp, en nie sy beloftes geglo nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
Afrikaans 1983 Hulle het 'n waardevolle land versmaai en die belofte van die Here nie geglo nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het 'n kosbare land afgewys; hulle het nie sy woord geglo nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het gemaak of die mooi land niks beteken nie, hulle het nie geglo dat die Here sal doen wat Hy gesê het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk het die wonderlike land wat op hulle gewag het, deur hulle vingers laat glip; hulle het die Here nie op sy woord gevat nie.