Psalms 106:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hy gesê dat hy hulle sou vernietig as Moses, sy uitverkorene, nie voor hom in die bres gestaan het nie, om sy toorn af te keer, dat hy hulle nie sou vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gesê Hy sou hulle vernietig, maar Moses, sy uitverkorene, het vir die volk in die bres getree en gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here wou hulle verdelg, maar Moses, sy uitverkorene, het by Hom vir hulle in die bres getree om sy gramskap af te keer, sodat Hy hulle nie vernietig het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het daaraan gedink om hulle uit te roei, as Moses, sy uitverkorene, nie by Hom in die bres getree het vir hulle om sy vernietigende toorn af te weer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het besluit om hulle almal te laat sterf, en Hy sou dit gedoen het, maar Moses het vir Hom gesoebat om dit nie te doen nie. Die Here het voorheen vir Moses gekies, en Moses het nou gekeer dat die Here hulle nie almal doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se geduld met sy volk was op. Hy wou Israel vernietig, maar Moses, sy kneg, het Hom gesmeek om dit nie te doen nie. Hy het God se woede laat bedaar en gekeer dat die volk weggevee word. |