Psalms 106:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het hulle verlos uit die hand van die wat hulle haat, en hulle verlos uit die hand van die vyand.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit die vyand se mag het Hy hulle gered en hulle uit hulle teenstanders se mag verlos.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
Afrikaans 1983 So het Hy hulle gered uit die hand van hulle haters, hulle bevry uit die mag van die vyand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle verlos uit die hand van haters, hulle vrygekoop uit die hand van vyande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het hulle gered van die mense wat vir hulle gehaat het, Hy het hulle vrygemaak van hulle vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hulle gered uit die hand van hulle haters. Hulle is bevry uit die greep van die mense wat hulle laat swaarkry het.