Psalms 105:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het 'n wolk uitgesprei as 'n bedekking; en vuur om lig te gee in die nag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het as bedekking ’n wolk oor hulle uitgesprei, en vuur om die nag te verlig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het 'n wolk uitgesprei as bedekking, en 'n vuur om die nag te verlig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het 'n wolk laat kom om die Israeliete toe te maak, en Hy het 'n vuur gestuur om lig te maak in die nag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het elke dag ’n wolk oor sy volk uitgesprei om hulle koel te hou, en ’n groot bol vuur in die nag om vir hulle lig te gee. |