Psalms 105:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook hulle wingerde en hulle vyebome getref; en verbreek die bome van hulle grondgebied. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wingerde en vyebome het Hy getref, en al hulle bome stukkend geslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietig en die bome in hulle gebied stukkend geslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het hulle wingerde en vyebome platgeslaan, die bome in hulle gebied verniel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hael het hulle wingerde en hulle vyebome stukkend geslaan, dit het al die bome in die land stukkend geslaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Swaar donderweer het hulle land uitmekaargeslaan. Hy het al hulle vrugtebome en wingerdstokke van die aarde af weggevee. Daar het nêrens ’n boom staande gebly nie. |