Psalms 105:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om sy vorste te bind na sy behae; en leer sy senatore wysheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy kon aan sy beamptes bevele gee, en sy hoofamptenare wysheid leer. |
| Afrikaans 1933/1953 | om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer. |
| Afrikaans 1983 | Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel en selfs aan hoë amptenare leiding gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om sy •hoë amptenare na willekeur te beperk, en sy oudstes wysheid te leer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef kon vir die amptenare van die koning sê wat hy wil hê hulle moet doen. Hy het vir die leiers geleer wat die regte dinge is wat hulle moet doen en sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning se huishouding was onder Josef se bestuur. Hy was die hoof oor die belangrike amptenare. Al die slim mense moes hy onderrig. |