Psalms 105:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat sy woord gekom het: die woord van die HERE het hom beproef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | tot sy woord waar geword het, en die Here se woord hom reg bewys het. |
| Afrikaans 1933/1953 | tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het. |
| Afrikaans 1983 | totdat sy woorde bewaarheid is, nadat hy die toets deurstaan het met wat die Here aan hom bekend gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | tot die tyd toe sy woord vervul is. Die woord van die Here het hom gelouter. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef was 'n slaaf totdat die tyd gekom het toe hy moes praat, en die Here vir hom gesê het wat hy moet sê. En wat hy gesê het, het gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy swaarkry het aangehou totdat God se plan waar geword het, totdat die Here besluit het hy is net die regte man vir die werk! Josef het die toets geslaag. |