Psalms 104:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle gaan teen die berge op; hulle trek af in die valleie na die plek wat U vir hulle gegrond het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Berge het verrys en valleie het gedaal na die plek wat U bepaal het. |
| Afrikaans 1933/1953 | berge het opgerys, laagtes het weggesak -- na die plek wat U vir hulle reggemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het oor berge gespoel, in valleie afgevloei na die plek wat U daarvoor bestem het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die water het oor die berge gespoel, dit het afgegaan in die valleie na die plek wat U daarvoor gereedgemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos die water wegloop, het die berge hoër en die klowe dieper geword. Die water het na die plek geloop waar U dit wou hê. |