Psalms 104:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die sondaars uit die aarde verteer word, en laat die goddelose daar nie meer wees nie. Loof die HERE, o my siel! Prys die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag sondaars van die aarde af verdwyn; mag die goddeloses nie meer bestaan nie. Wat my betref, ek wil die Here loof! Prys die Here!
Afrikaans 1933/1953 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
Afrikaans 1983 Mag die sondaars van die aarde af verdwyn, mag die goddeloses ophou om te bestaan! Ek wil die Here loof. Prys die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag sondaars van die aarde af verdwyn en goddeloses nie meer bestaan nie. Loof die Here, o my siel! Halleluja!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek bid dat die sondaars sal verdwyn van die aarde, dat die mense wat verkeerd doen, nie meer daar sal wees nie. Ek wil die Here prys. Julle moet die Here prys!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wens dat hulle wat die Here nie liefhet nie, gou sal verdwyn. Hulle wat weier om die Here te dien kan maar doodgaan. Maar ek sê vir myself: Jy moet vir die Here baie dankie sê vir alles. Kom, prys die Here!