Psalms 104:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat jou bedek met lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitsprei soos 'n gordyn;
Afrikaans (NLV) 2011 bedek met ’n mantel van lig. U span die hemelkoepel soos ’n tent;
Afrikaans 1933/1953 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
Afrikaans 1983 U is met 'n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos 'n tentdoek gespan
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U wat Uself met lig omhul, soos in 'n mantel, wat die hemel oopspan soos 'n tentdoek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is lig rondom U. U het die hemeldak styfgetrek soos 'n mens 'n tent styftrek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral rondom U is lig; dit is amper soos iemand wat pragtige klere aantrek. Dis mooi om na te kyk.