Psalms 104:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het die maan vir seisoene bepaal; die son ken sy ondergang.
Afrikaans (NLV) 2011 Die maan het Hy gemaak om seisoene aan te dui, en die son weet wanneer om onder te gaan.
Afrikaans 1933/1953 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
Afrikaans 1983 U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer om onder te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die maan gemaak vir feestye; die son weet wanneer hy moet ondergaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het die maan gemaak sodat ons sal weet wanneer dit tyd is om fees te vier. Die son weet self wanneer hy moet ondergaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die maan gemaak. Soos ’n horlosie wys dit nuwe maande aan. Die son gaan elke dag klokslag op die regte tyd onder.