Psalms 104:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy laat gras groei vir die vee en plante vir die diens van die mens, om voedsel uit die aarde te laat voortkom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U laat gras groei vir die beeste, en plante vir die mens, kos wat uit die aarde voortkom, |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom, |
| Afrikaans 1983 | U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is U wat gras laat groei vir die vee en plante vir die mens om te verbou, om voedsel uit die aarde voort te bring: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U laat die gras groei sodat die beeste kan eet, en U gee plante wat die mense kan plant om kos uit die aarde te kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy laat gras groei vir die diere om te eet. Die groen plante is nuttig vir die mense, dit is hulle kos wat uit die aarde kom. |