Psalms 104:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Loof die HERE, o my siel. O HERE my God, U is baie groot; jy is bekleed met eer en majesteit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil die Here prys! Here my God, hoe geweldig groot is U! U is beklee met majesteit en eer, |
| Afrikaans 1933/1953 | Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed -- |
| Afrikaans 1983 | Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Loof die Here, o my siel! Here, my God, U is baie groot; U is met luister en glans beklee, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil die Here prys. My God die Here, U is baie groot. U is die Koning, en almal rondom U respekteer U en prys U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê vir myself: Kom prys die Here! Here, my God, daar is niemand wat groter is as U nie! U is so groot, U kan nie met woorde beskryf word nie. Soos ’n mens sy oë toedruk as hy na helder sonlig kyk, so oorweldig u grootheid ons. |