Psalms 103:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Loof die HERE, al sy werke in al die plekke van sy heerskappy; loof die HERE, o my siel! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Prys die Here, al sy skeppingswerke, oral in sy koninkryk. Ek wil die Here prys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel! |
| Afrikaans 1983 | Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here op al die plekke waar Hy heers! Ek wil die Here loof! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Loof die Here, alles wat Hy gemaak het, op al die plekke waar Hy heers! Loof die Here, o my siel! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Alles en almal wat die Here gemaak het, moet die Here prys op al die plekke waar Hy Koning is. En ek wil ook die Here prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom prys die Here, almal en alles wat deur Hom gemaak is! Prys Hom op elke plek waar Hy regeer. Ek wil ook die Here prys met my hele lewe! |