Psalms 103:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan die wat sy verbond hou en aan die wat sy gebooie onthou om dit te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | vir dié wat getrou is aan sy verbond en sy gebooie gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om die te doen. |
| Afrikaans 1983 | vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vir hulle wat sy verbond hou, en vir hulle wat sy opdragte in gedagte hou, om dit uit te voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy doen reg aan almal wat gehoorsaam is aan sy verbond en wat doen wat Hy sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen wat Hom dien en die ooreenkoms nakom wat Hy gesluit het, kan op sy liefde reken. Oor die jare heen help Hy mense. Die Here help almal wat na Hom luister. |