Psalms 103:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kinderkinders; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die liefde van die Here is altyd daar vir hulle wat Hom dien. Sy trou geld vir geslag na geslag, |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, |
| Afrikaans 1983 | Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die troue liefde van die Here is van altyd af en vir ewig oor hulle wat vir Hom ontsag het, en sy geregtigheid geld vir die kinders se kinders, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here hou aan om te doen wat Hy belowe het, Hy hou aan om reg te doen aan die mense wat Hom dien, en aan hulle kinders en kleinkinders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is geen grense aan die Here se liefde nie. Dit sal vir altyd aanhou vir mense wat hom dien, vir geslagte lank. |