Psalms 103:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die wind trek daaroor, en dit is weg; en sy plek sal dit nie meer ken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As die wind daaroor waai, is dit weg, ’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.
Afrikaans 1933/1953 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
Afrikaans 1983 as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die wind oor hom waai, is hy nie meer daar nie en sy plek ken hom nie meer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en wanneer die wind daaroor gewaai het, dan is die blom weg, niemand weet waar hy gegroei het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die wind begin waai en die son begin skroei, dan hou dit nie lank nie. Die gras gaan net daar dood. So gaan dit ook met mense.