Psalms 103:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos die hemel hoog bo die aarde is, so groot is sy barmhartigheid teenoor die wat Hom vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien.
Afrikaans 1933/1953 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
Afrikaans 1983 want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want so hoog as wat die hemel bo die aarde is, so troon sy troue liefde uit bo dié wat vir Hom ontsag het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, soos die hemel baie hoog is bo die aarde, so doen die Here baie vir die mense wat Hom dien, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So ver as wat die verste punt in die heelal van ons af is, so groot, en nog groter, is die Here se liefde vir elkeen wat Hom dien.