Psalms 102:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want my dae is verteer soos rook, en my gebeente brand soos 'n vuurherd.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie van my wegdraai wanneer ek in nood is nie. Luister tog wanneer ek U aanroep en antwoord my tog gou,
Afrikaans 1933/1953 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
Afrikaans 1983 Moet U tog nie van my afsydig hou nou dat ek in die nood is nie. Luister tog na my wanneer ek U aanroep, verhoor tog gou my gebed,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet tog nie u gesig vir my verberg in my tyd van nood nie. Draai u oor na my in die tyd wanneer ek roep; antwoord my gou!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan sleg met my, U moenie maak of U dit nie sien nie. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my gou antwoord.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet my nie ignoreer as ek in ’n krisis is nie! Wys dat U my gebed hoor! Gryp in as ek tot U bid!