Psalms 102:29 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Die kinders van u dienaars sal in die land woon. Hulle nageslag sal voor U gevestig word.”
Afrikaans 1983 Ons nageslag sal die land bly bewoon, ons nakomelinge sal veilig voor U woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kinders van u diensknegte sal hier bly woon, hulle nageslag sal gevestig wees in u teenwoordigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons kinders sal veilig woon, ons nageslag sal 'n plek hê by U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons kinders sal hier bly. Ons kleinkinders sal in die land bly woon. U sal hulle almal beskerm.