Psalms 102:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jy is dieselfde, en jou jare sal geen einde hê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal vergaan, maar U is vir altyd; soos klere sal hulle verslyt. U sal hulle uittrek soos kledingstukke, en hulle sal verdwyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn. |
| Afrikaans 1983 | Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly. Soos 'n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan, soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal vergaan, maar U bly bestaan. Soos 'n kledingstuk sal hulle almal verslyt; soos 'n bokleed vervang U hulle, en hulle verdwyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die aarde en die hemel sal verdwyn, maar U sal altyd daar wees. Hulle sal word soos ou klere, hulle sal verdwyn soos klere wat 'n mens uittrek en weggooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik sal hemel en aarde verdwyn. Maar U sal nog steeds daar wees! Ja, al hierdie dinge sal ophou bestaan. Dit is soos klere wat ’n mens stukkend dra. Dit sal vergaan. U sal dit laat verdwyn. |