Psalms 102:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om die gekerm van die gevangene te hoor; om dié wat ter dood aangestel is, te los;
Afrikaans (NLV) 2011 Vanuit sy hemelse heiligdom het Hy neergekyk. Die Here het vanuit die hemel na die aarde gekyk
Afrikaans 1933/1953 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
Afrikaans 1983 Hy het uit sy heilige woning na onder gekyk en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here het afgekyk uit sy hoë heiligdom; uit die hemel het Hy die aarde beskou,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal Hom prys, want Hy het uit die heilige hemel daarbo afgekyk na die aarde
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal sal Hom loof omdat Hy uit die hemel vir sy kinders gesorg het. Hy het gesien wat met hulle gebeur.