Psalms 102:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar U, HERE, sal vir ewig bestaan; en u gedagtenis van geslag tot geslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My lewe is soos ’n skaduwee wat langer word. Ek is verskrompeld soos gras. |
| Afrikaans 1933/1953 | My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n skaduwee wat lank word, is my lewe naby sy einde, ek is soos verdroogde gras. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My dae is soos 'n skaduwee wat lank word, en ek, soos onkruid verdroog ek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My lewe is amper verby, dit is soos wanneer die skaduwee in die aand lank word en verdwyn. Ek is soos gras wat droog geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My lewe raak al hoe korter; my dae word al hoe minder. Ek is soos gras wat besig is om uit te droog. |