Psalms 101:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal al die goddeloses van die land vroegtydig vernietig; dat ek alle goddelose daders uit die stad van die HERE kan uitroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Soggens sal ek regspreek, die goddeloses in die land uitroei, en al die bewerkers van kwaad afsny van die stad van die Here.
Afrikaans 1933/1953 Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
Afrikaans 1983 In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis, almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke môre sal ek al die goddeloses in die land vernietig, om so almal wat onreg pleeg, uit die stad van die Here uit te roei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal elke oggend almal in die land wat verkeerde dinge doen, vir altyd stilmaak. Ek sal die mense wat slegte dinge doen, laat verdwyn uit die stad van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal nie een dag verbygaan dat ek nie slegte mense die stryd sal aansê nie. Ek sal nie ophou tot hulle almal aan die pen gery het nie.