Psalms 101:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis woon nie; hy wat leuens vertel, sal voor my oë nie vertoef nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Bedrieërs sal nie in my huis woon nie, en leuenaars sal nie by my bly nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
Afrikaans 1983 Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal niemand in my huis woon wat bedrog pleeg nie. Wie leuens vertel, sal nie voor my oë standhou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In my huis mag niemand woon wat vir ander mense bedrieg nie. Niemand wat leuens vertel, mag vir my werk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat lieg en bedrieg, moet dit nie eens oorweeg om naby my paleis te kom nie.