Psalms 101:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My oë sal wees op die getroues van die land, dat hulle by My kan woon; wie op 'n volmaakte weg wandel, hy sal My dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek let op die getroues in die land, en laat hulle by my woon. Net dié wat opreg lewe, net húlle sal my dien.
Afrikaans 1933/1953 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, die mag my dien.
Afrikaans 1983 Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is op die uitkyk vir betroubares in die land, sodat hulle by my kan bly; wie 'n onberispelike lewenswyse handhaaf, hulle mag my dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal net mense in die land kies wat ek kan glo, mense wat heeltemal reg lewe, net húlle mag vir my werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my. Hulle kan vir my werk.