Psalms 101:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie sy naaste in die geheim belaster, hom sal Ek uitroei; wie 'n hoë voorkoms en 'n trotse hart het, sal Ek nie ly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat sy naaste beskinder, sal ek tot swye bring. Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan, sal ek nie duld nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. |
| Afrikaans 1983 | Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis. Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sy medemens in die geheim belaster, hom sal ek vernietig. Hovaardige oë en 'n hoogmoedige hart, dit kan ek nie verdra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sê oor ander mense wat dit nie hoor nie. Ek sal nie vriende wees met iemand wat hoogmoedig is nie, met iemand wat nie nederig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kan mense wat skinder, nie verdra nie. Ek wil hulle sommer iets aandoen. ’n Windbol wat te veel van homself dink, wil ek sommer net daar bestraf. |