Psalms 101:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Psalm van Dawid.) Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot eer van U, HERE, wil ek sing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil sing van u trou en geregtigheid. Here, ek wil U met liedere prys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! |
| Afrikaans 1983 | Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, Here, wil ek besing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van Dawid. 'n Psalm. Here, ek wil sing oor U wat altyd doen wat U belowe, oor U wat altyd reg oordeel. Ek wil vir U sing. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid. Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is. |