Psalms 100:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weet julle dat die HERE God is; dit is Hy wat ons gemaak het, en nie ons self nie; ons is sy volk en die skape van sy weide. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Erken dat die Here God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. |
| Afrikaans 1983 | Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Erken dat die Here God is; Hy het ons gemaak; aan Hom behoort ons, sy volk, die kleinvee wat Hy laat wei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons is Syne. Ons leef elke dag uit sy hand. Die Here sorg vir ons net soos ’n skaapwagter sy skape versorg. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie. |