Psalms 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy loer heimlik soos 'n leeu in sy kuil; hy loer om die arme te vang; hy vang die arme as hy hom in sy net trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy lê doodstil in ’n hinderlaag soos ’n leeu in sy lêplek, hy wag in die hinderlaag om hulpeloses aan te val. Hy vang die ellendiges en trek hulle met sy net. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; |
| Afrikaans 1983 | Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos, hy lê op die loer om die hulpelose te vang. Hy vang hom en trek hom vas in sy net, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In 'n skuilplek lê hy soos 'n leeu in die ruigte; hy lê die magtelose voor om hom te vang; hy vang die magtelose deur sy vangnet toe te trek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hy kruip weg soos 'n leeu en hy wag om iemand te vang wat homself nie kan beskerm nie, hy vang hom soos 'n mens 'n voël in 'n vangnet vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hulle agteraf konkel, is hulle so gevaarlik soos ’n spul honger leeus. Hulle wag vir die regte oomblik om dié wat swak is te vang. Hulle pynig die armes wat hulle gevang het. |