Psalms 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sit in die skuilplekke van die dorpe; in die skuilplekke vermoor hy die onskuldige; sy oë is geheim gerig op die armes.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy lê in ’n hinderlaag by die dorpe om mense in die geheim te vermoor, hy bly op die uitkyk na onskuldige slagoffers.
Afrikaans 1933/1953 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
Afrikaans 1983 Hy lê onskuldiges voor agter die heinings en vermoor hulle in die geheim. Hy loer rond in die donker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Naby dorpies lê hy in 'n hinderlaag; in skuilplekke vermoor hy die onskuldige; sy oë is op die loer vir die weerlose.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy lê buite die stede en hy wag vir onskuldige mense, hy vermoor hulle waar niemand dit sien nie. Hy kyk waar hy iemand kan kry wat swak is,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle lê mense voor. Hulle maak onskuldige mense dood. Hulle gebruik elke kans wat hulle kry om mense uit te buit wat hulpeloos is.