Psalms 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het in sy hart gesê: Ek sal nie wankel nie, want ek sal nooit in teëspoed wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê vir homself: “Geen onheil sal my ooit tref nie! Geslag na geslag sal ek vry wees van rampe!”
Afrikaans 1933/1953 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
Afrikaans 1983 Hy dink: ek sal nie wankel nie en die ongeluk sal my nooit tref nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê in sy hart: “Ek sal nie struikel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie teenspoed sal ervaar nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy dink hy sal nie val nie, hy dink dit sal nooit sleg gaan met hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle dink dat geen ramp hulle sal tref nie. Niks slegs kan met hulle gebeur nie.